Lewenslange vonnis van SA vrou in Thailand na 33 jaar verminder

Die lewenslange vonnis van ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat aan dwelmhandel in Thailand skuldig bevind is, is tot 33 jaar verminder. Ashley Oosthuizen van George in die Suid-Kaap is verlede jaar gevonnis. Sy is aanvanklik die doodstraf opgelê voordat dit na lewenslange tronkstraf omgeskakel is. Haar familie hou steeds vol sy is onskuldig en beweer haar […]

Read More

Somaliese magte beëindig beleg by hotel in hoofstad

Somaliese magte het die beleg van ʼn hotel in die hoofstad, Mogadishu, beëindig wat die lewe van minstens 20 mense geëis het. Veertig mense, insluitend kinders, is in die aanval gewond. Die Al Shabaab-terreurgroep, wat aan Al Kaïda verbind word, het die Hayat-hotel Vrydagaand aangeval. Geweervuur is Saterdagaand nog gehoor terwyl veiligheidsmagte die oorblywende aanvallers […]

Read More

Marathon-atleet Helalia Johannes stel haar stigting op Ongwediva bekend

Namibiese veteraan marathon-atleet, Helalia Johannes, het Saterdag haar stigting by Nictus op Ongwediva in die Oshana-streek bekendgestel. Johannes het sê daar is geen bystand vir atlete in die land nie en sy wil haar ervaring gebruik om jong, talentvolle atlete by te staan om hul drome te verwesenlik. Johannes beoog om die sport van langafstand […]

Read More

Inligtingsministerie sê Hardap-streeksraad saboteer Heldedag-vieringe

Die Namibiese inligtingsministerie betreur die beweerde sabotasie van Heldedag-vieringe op Mariental deur die Hardap-streeksraad. Volgens ‘n mediaverklaring van die inligtingsmnisterie het die Hardap-streeksraad staatsamptenare daarvan weerhou om op komitees te dien wat Heldedag-vieringe koördineer. Die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, dr. Audrin Mathe, sê die feesvieringe sal Vrydag op die Mariental-sportsvelde voortgaan met of sonder […]

Read More

Nuwe Zoeloe-koning midde omstredenheid gekroon

Koning Misuzulu KaZwelithini van die Zoeloes het die troon bestyg nadat hy Saterdag die koninklike kraal binnegegaan het. Hy het die vereiste rituele uitgevoer en uiteindelik in sy koninklike kleed na buite gekom. Na die seremonie om die kraal binne te gaan, is Misuzulu in die openbaar tot koning uitgeroep deur oudstes van die koninklike […]

Read More

Nieu-Seeland handhaaf noodtoestand oor vloedgeteisterde Suid-Eiland

Nieu-Seeland handhaaf vandag ‘n noodtoestand in dele van sy vloedgeteisterde Suid-Eiland, met owerhede wat die skade beraam in die streek wat die swaarste getref is deur vier dae se stortreën. Verlede week se reën in noordelike en sentrale gebiede het meer as 500 mense uit hul huise gedwing, wat sommige onbewoonbaar gemaak het. Die Suid-Eiland-stad […]

Read More

Ben Stokes wil hê Engelse krieketspan moet spook van nederlaag begrawe

Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, erken sy span se teleurstellende nederlaag die afgelope week in die eerste toets teen die Proteas was vir hulle ‘n reuse skok. Stokes gee toe sy span is gestonk deur die manier waarop hulle op die derde dag van die toets met ‘n beurt verloor het. Hy sê hulle […]

Read More

Slagoffer van seekoei-aanval se liggaan ná vier dae gevind

Die liggaam van die 15-jarige Frans Kudumo, wat Dinsdag by Sinzogoro-nedersetting deur ‘n seekoei in die Okavangorivier aangeval is, is Saterdag by die Kapako-nedersetting gevind. Die Namibiese polisie in die Kavango-Wes-streek het dié ontdekking gemaak ná ’n vier dae lange soektog met bystand van beamptes van die omgewingsministerie. Sodra ‘n doodsertifikaat deur die ministerie van […]

Read More

Seksuele aanranding teen vroue op SA kampusse kommerwekkend

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, gaan môre ‘n konferensie aanbied oor die gesondheid en welstand van die jeug in die naskoolse onderrig- en opleidingsektor. Die tema van die konferensie is Generasie-gelykheid en die Afdwing van Vroueregte vir ‘n Gelyke Toekoms. Die woordvoerder van die ministerie, Ishmael Mnisi, sê seksuele aanranding en geweld […]

Read More

Angolesle gaan dié week stembus toe

Angolese burgers gaan dié week na die stembus in wat waarskynlik ‘n spanningsvolle stryd sal wees tussen ‘n regerende party wat vir byna vyf dekades aan bewind is en ‘n opposisie met ‘n toenemende beroep op ‘n gefrustreerde, verarmde jeug. Die MPLA, gelei deur João Lourenço sedert 2017, regeer Afrika se tweede grootste olie-produsent sedert onafhanklikheid […]

Read More