Slagoffer van seekoei-aanval se liggaan ná vier dae gevind

Die liggaam van die 15-jarige Frans Kudumo, wat Dinsdag by Sinzogoro-nedersetting deur ‘n seekoei in die Okavangorivier aangeval is, is Saterdag by die Kapako-nedersetting gevind. Die Namibiese polisie in die Kavango-Wes-streek het dié ontdekking gemaak ná ’n vier dae lange soektog met bystand van beamptes van die omgewingsministerie. Sodra ‘n doodsertifikaat deur die ministerie van binnelandse sake uitgereik is, kan Kudumo se familie by die omgewingsministerie ‘n eis instel vir sy sterfte weens mens-dier-konflik.