Inligtingsministerie sê Hardap-streeksraad saboteer Heldedag-vieringe

Die Namibiese inligtingsministerie betreur die beweerde sabotasie van Heldedag-vieringe op Mariental deur die Hardap-streeksraad. Volgens ‘n mediaverklaring van die inligtingsmnisterie het die Hardap-streeksraad staatsamptenare daarvan weerhou om op komitees te dien wat Heldedag-vieringe koördineer. Die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, dr. Audrin Mathe, sê die feesvieringe sal Vrydag op die Mariental-sportsvelde voortgaan met of sonder die Hardap-streeksraad.