Leeunavorser dr. Philip Stander vanaand op Bewonder en Bewaar

Die bekende Suid-Afrikaanse vervaardiger van die bekroonde dokumentêre natuurrolprent, Stroop, en TV-aanbieder, Bonné de Bod, maak in vanaand se episode van haar natuurlewe-program, Bewonder en bewaar, weer ‘n draai in Namibië. Sy kuier by die woestyn-aangepaste leeus in Namibië en hul baanbreker navorser, dr. Philip Stander. Skakel vanaand om agt-uur op kykNET se kanaal 144 […]

Read More

Air Zimbabwe beplan om vlugte tussen Harare en Windhoek te hervat

Die Zimbabwiese nasionale lugdiens Air Zimbabwe beplan om vlugte tussen Harare en Windhoek te begin om voordeel te trek uit ‘n gaping in die mark wat deur die val van Air Namibia gelaat is. Volgens berigte het Air Zimbabwe vroeg vanjaar by die Namibiese Lughawens-maatskappy aansoek gedoen het om direkte vlugte tussen die twee lande […]

Read More

Vermiste seiljagvaarder se liggaam op seiljag gevind

ʼn Grootskaalse soektog na ʼn 60-jarige seiljagvaarder van Mosselbaai het Saterdag geëindig toe ʼn helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag die jag naby Stilbaai aan die Wes-Kaapse kus opgespoor het. Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut is een van hulle redding-swemmers van die helikopter af in die see neergelaat. Hy het die seiljag bestyg en op die vaarder […]

Read More

Oostromings en grondverskuiwings eis 50 lewens in Indië

Oorstromings en grondverskuiwings wat deur intense moesonreën veroorsaak is, het die afgelope drie dae die lewens van minstens 50 mense in die noorde en ooste van Indië geëis. Die reën het honderde dorpe oorweldig, huise weggevee en inwoners gestrand gelaat terwyl reddingspanne gejaag het om oorlewendes te ontruim. Swaar buie gevolg deur grondverskuiwings en oorstromings […]

Read More

Boks: Usyk bly onoorwonne met ‘n rekord van 20-0

Boks: Oleksander Usyk van Oekraïne het sy herontmoeting vandag teen Anthony Joshua van Brittanje in Saoedi-Arabië met ʼn verdeelde beslissing gewen. Usyk is onoorwonne met ʼn rekord van 20-0 en sien nou uit na ʼn moontlike reünie-geveg teen die uitgetrede twee-malige wêreldkampioen, Tyson Fury. Volgens Usyk is hy oortuig Fury wil teen hom deur die […]

Read More

Namibiese arbeidsministerie gryp weer in by Cheetah Cement

Die Namibiese arbeidsministerie het sementmyn-produksie-ure by die Cheetah-sementfabriek buite Otjiwarongo verminder. In ‘n kennisgewing wat deur die ministerie uitgereik is, is Cheetah Cement beveel om werk vanaf ses-uur die aand tot ses-uur soggens by die mynperseel te staak weens onvoldoende ligte op die terrein. Die kennisgewing dui verder aan dat die mynperseel ‘n gesondheids- en […]

Read More

SAOG verwerp VSA se beoogde sanksies teen Afrikalande wat pro-Rusland is

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê Amerika se voorgenome sanksies teen Afrikalande wat met Rusland handel dryf, is verwerplik en onnodig. Amerika se Huis van Verteenwoordigers het die Wet op die Bestryding van Kwaadwillige Russiese Bedrywighede in Afrika voorgestel, wat optrede vervat teen Afrikalande wat met Rusland saamwerk. Lede van die SAOG het op sy onlangse beraad […]

Read More

Wes-Kaap neem voortou met omgewingstudies

Die Wes-Kaapse regering sê hy is verbind tot ekonomiese ontwikkeling wat in balans is met ekologiese volhoubaarheid. Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die regering beplan om die proses van omgewingsimpakstudies wat nodig is vir nuwe ontwikkelings, te verbeter. Bredell sê sy departement het seker gemaak al die amptenare wat […]

Read More

Netbal: Desert Jewels takel Tanzanië om 12:00

Die hoofafrigter van die Namibiese senior netbalspan, Mary Waya, sê dit is belangrik vir die span om vandag sy openingswedstryd teen Tanzanië te wen. Die Debmarine Desert Jewels is in Suid-Afrika vir hul Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne wat tot 27 Augustus sal plaasvind. Die Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne vir die Kaapstad 2023-netbalwêreldbekertoernooi word by die Universiteit van Pretoria gehou, waar nege […]

Read More

Nampol: Veediefstal gaan nie wyk by Otjimbingwe

Die hoë vlak van werkloosheid in en om Otjimbingwe in die Erongo-streek is geïdentifiseer as ‘n bydraende faktor tot die toenemende gevalle van veediefstal in die gebied. Dit is volgens hoofinspekteur Jeffrey |Urib, die hoof van veediefstal-ondersoeke van die Namibiese polisie in die Erongo-streek. Hy sê verder dat veediefstal ’n toenemende probleem word wat die […]

Read More