Marathon-atleet Helalia Johannes stel haar stigting op Ongwediva bekend

Namibiese veteraan marathon-atleet, Helalia Johannes, het Saterdag haar stigting by Nictus op Ongwediva in die Oshana-streek bekendgestel. Johannes het sê daar is geen bystand vir atlete in die land nie en sy wil haar ervaring gebruik om jong, talentvolle atlete by te staan om hul drome te verwesenlik. Johannes beoog om die sport van langafstand hardloop in Namibië te bevorder. Sy het 21 kilometer saam met die atlete van die Ongwediva Run Along-stigting gehardloop. Johannes het op die onlangse Statebondspele ‘n brons medalje in die vroue-marathon verwerf.