Nuwe Zoeloe-koning midde omstredenheid gekroon

Koning Misuzulu KaZwelithini van die Zoeloes het die troon bestyg nadat hy Saterdag die koninklike kraal binnegegaan het. Hy het die vereiste rituele uitgevoer en uiteindelik in sy koninklike kleed na buite gekom. Na die seremonie om die kraal binne te gaan, is Misuzulu in die openbaar tot koning uitgeroep deur oudstes van die koninklike familie van die Zoeloes. Sy kroning val saam met ʼn dringende interdik deur dogters van koningin Sibongile Dlamini-Zulu, die prinsesse Ntandoyenkosi Zulu en Ntombizosuthu Zulu-Duma, wat beweer hul oorlede vader, koning Goodwill Zwelithini se testament is vervals.