Ben Stokes wil hê Engelse krieketspan moet spook van nederlaag begrawe

Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, erken sy span se teleurstellende nederlaag die afgelope week in die eerste toets teen die Proteas was vir hulle ‘n reuse skok. Stokes gee toe sy span is gestonk deur die manier waarop hulle op die derde dag van die toets met ‘n beurt verloor het. Hy sê hulle wou volgehoue aanvallende en skouspelagtige krieket speel met hul sogenaamd Bazzball-aanslag, na aanleiding van die afrigter, Brendon McCullum, se bynaam Bazz. Hoewel dié benadering in hul vorige vier wedstryde geslaag het, kon hulle nie hond haar-af maak teen die uitsonderlike Suid-Afrikaanse boul-aanval nie. Stokes sê hy hoop sy span kan die spook van die nederlaag begrawe vóór die tweede toets wat Donderdag op Old Trafford in Manchester begin.