Seksuele aanranding teen vroue op SA kampusse kommerwekkend

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, gaan môre ‘n konferensie aanbied oor die gesondheid en welstand van die jeug in die naskoolse onderrig- en opleidingsektor. Die tema van die konferensie is Generasie-gelykheid en die Afdwing van Vroueregte vir ‘n Gelyke Toekoms. Die woordvoerder van die ministerie, Ishmael Mnisi, sê seksuele aanranding en geweld teen vroue op kampusse is ‘n groot bron van kommer. Mnisi sê die konferensie gaan aandag skenk aan die stand van vroue se geestesgesondheid in die sektor en die bevordering daarvan.