Lewenslange vonnis van SA vrou in Thailand na 33 jaar verminder

Die lewenslange vonnis van ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat aan dwelmhandel in Thailand skuldig bevind is, is tot 33 jaar verminder. Ashley Oosthuizen van George in die Suid-Kaap is verlede jaar gevonnis. Sy is aanvanklik die doodstraf opgelê voordat dit na lewenslange tronkstraf omgeskakel is. Haar familie hou steeds vol sy is onskuldig en beweer haar kêrel is die beweerde dwelmsmokkelaar. Volgens die departement van internasionale betrekkinge en samewerking bied die Suid-Afrikaanse ambassade in Bangkok konsulêre bystand aan Oosthuizen en haar familie.