Angolesle gaan dié week stembus toe

Angolese burgers gaan dié week na die stembus in wat waarskynlik ‘n spanningsvolle stryd sal wees tussen ‘n regerende party wat vir byna vyf dekades aan bewind is en ‘n opposisie met ‘n toenemende beroep op ‘n gefrustreerde, verarmde jeug. Die MPLA, gelei deur João Lourenço sedert 2017, regeer Afrika se tweede grootste olie-produsent sedert onafhanklikheid van Portugal in 1975. Maar die jarelange opposisieparty Unita is sterker as ooit, aangesien woede groei oor die regering se mislukkings om groot olie-rykdom in beter lewensomstandighede vir almal te omskep. Politieke kenner, professor Andre Duvenhage, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy verwag dat President Lourenço sy posisie sal behou.