Ondersoek gelas na Baby, adjunksekretaris van SA-parlement, na brand

Die adjunksekretaris van die Suid-Afrikaase parlement, Baby Tyawa, is geskors aan die begin van ‘n ondersoek na die brand in Januarie wat miljarde rand se skade aangerig het aan die ikoniese kompleks in Kaapstad. Die Parlement se nuwe sekretaris, Xolile George, het ook ‘n ondersoek aangekondig na beweerde administratiewe onreëlmatighede in Tyawa se kantoor terwyl sy waarnemende sekretaris was. Die vakbond Nehawu beskuldig haar dat sy sekerheidsmaatreëls afgeskaal en die gebou kwesbaar gelaat het. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die ondersoek sal onafhanklik wees: