Mak leeus bedreig die spesie

Four Paws South Africa sê nuwe navorsing oor die gewilde toerisme-aantreklikheid wat mense toelaat om leeuwelpies te streel, toon die praktyk het ‘n negatiewe uitwerking op die groot katte. Volgens ‘n nuwe studie deur die New York-universiteit en Four Paws, maak dit jong leeus gewoond aan aanraking, bevorder teling in gevangenskap en hou ernstige gevolge in vir die Afrikaleeu-spesie. Four Paws se media- en kommunikasiebampte, Elize Parker, sê ongeveer 91-persent van die welpies is jonger as drie maande: