Erongo-expo ‘n gulde geleentheid

Die 14de uitgawe van die Erongo Business and Tourism Expo vind tans op Walvisbaai plaas. Dit het Woensdag geopen en loop môre ten einde. Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre sê die expo vorder baie goed tot dusver en is ‘n goeie geleentheid nie net om te bemark nie maar ook om te netwerk.