Klimaat-teikens: Almal, maar almal, is agter

‘n Agentskap van die Verenigde Nasies het gewaarsku die wêreld stuur af op ‘n rampspoedige klimaatkatastrofe, met nasies skokkend ver agter om hul teikens vir aardverwarming te verminder. Die doelwit was om aardverwarming te beperk tot minder as 1,5-grade Celsius bo voor-nywerheidsvlakke, maar die wêreld is tans op pad om teen die einde van die eeu met 2,8-grade Celsius te verhit. Die Amerikaanse spesiale gesant vir die klimaat, John Kerry, sê dit is uiters kommerwekkend.

Intussen is daar bevestig dat die Britse premier Rishi Sunak nie COP27 in Egipte sal bywoon nie en daar word nou ‘n beroep op koning Charles gedoen om te gaan, al het Sunak se voorganger Liz Truss hom gevra om dit nie by te woon nie. Kerry sê sy teenwoordigheid sal baie help.