Europese hoenderproduksie onder druk oor energiekostes

Operateurs in die Europese pluimveevleis verskaffingsketting sukkel om produksievlakke te handhaaf weens die uiters hoë energie- en voerpryse. ‘n Beroep is op produsente gedoen om produksie te prioritiseer om bekostigbare en deurlopende voorsiening van hoenderprodukte in die komende weke te waarborg. Die koste van energie, wat 70 persent van produksie verteenwoordig, kniehalter produsente en daar word verwag dat talle operasies in die winter sal moet afskaal of heeltemal staak.