Dwelmhandel verdubbel in twee jaar

Plaaslike berigte lui dat die hoeveelheid dwelms wat in die afgelope twee jaar deur owerhede gekonfiskeer is, verdubbel het. In 2020 is 1 438 verdagtes gearresteer en die waarde van die beslagleggings was 17,3 miljoen dollar. In 2021 is 35,5 miljoen dollar se dwelms gevind en 1 452 verdagtes is in hegtenis geneem. In 2022 is 1 913 verdagtes in hegtenis geneem en die waarde van die dwelms wat net tussen Januarie en September gevind is, reeds op 35,7 miljoen Namibiese dollar bepaal. Die oud-hoof van die dwelm-eenheid van die Namibiese polisie, afgetrede kommissaris Hermie van Zyl waarsku reeds ‘n geruime tyd dat Namibië se dwelmgebruik toeneem sowel as die gebruik van die land as transito-punt.