Eksamens: SA-skole moet gevrywaar word van beurtkrag

Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame in Suid-Afrika sê hy neem kennis van die uitdagings waarmee vanjaar se matrieks te kampe het. Die vereniging sê beurtkrag dra by tot die probleme wat reeds bestaan. Matakanye Matakanya van die vereniging sê as skole vrygestel word van kragonderbrekings, sal dit help om die druk op leerders te verlig. Matakanya sê dit mag ook hul geestesgesondheid verbeter: