Reaksie op R10m se onwettige tabak-vonds in Oos-Rand

Tax Justice SA sê ‘n reuse-beslaglegging op gesmokkelde tabak wat aan die Gautengse Oos-Rand afgelaai is, bewys misdadigers probeer steeds onwettige sigaretfabrieke bedryf ten spyte van onlangse klopjagte deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. SARS-spanne wat deur die polisie ondersteun is, het beslag gelê op onverwerkte tabak van meer as 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vanuit Zimbabwe vervoer is. Die stigter van die organisasie, Yusuf Abramjee, sê dit is Dinsdag by ‘n ongeregistreerde pakhuis in Benoni afgelaai: