Jongste oor grondbelasting-chaos

Die Namibiese Landbou-unie het die waardeerder-generaal, Rudolf !Nanuseb, besoek en gesprek gevoer oor die probleme wat baie boere steeds ondervind om die regte aanslae vir grondbelasting vanaf sy kantoor te bekom. Volgens die unie is daar ooreengekom dat grondeienaars wat nie die korrekte aanslae betyds voor die keerdatum ontvang het nie, nie vir laat betalings gepenaliseer sal word nie. Die unie sê verder dat !Nanuseb sê hulle het reeds begin het om aansoeke vir kwytskelding vir diegene wat daarvoor kwalifiseer, te prosesseer en die persone daaroor in te lig. Geen nuwe aansoeke vir kwytskelding sal na die keerdatum van 31 Oktober gedoen kan word nie.