Bankman-Fried sal voor komitee getuig

Sam Bankman-Fried, die stigter van die nou bankrot kripto-beurs FTX, sê hy sal voor die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Finansiële Dienstekomitee getuig na hy die gebeure wat gelei het tot die ineenstorting van FTX hersien het. Die komitee beplan om in Desember ‘n verhoor te hou om die saak te ondersoek en verwag om van die betrokke maatskappye en individue te hoor, insluitend stigter en uitvoerende hoof, Bankman-Fried. Maxine Waters, voorsitter van die komitee, het Bankman-Fried verlede week genooi om aan die paneel se verhoor op 13 Desember deel te neem.