Kenner sê dis ‘n hartseer herdenking van Madiba se dood

Dit is vandag nege jaar sedert die dood van Nelson Mandela. Mandela, Suid-Afrika se eerste demokratiese verkose president, is in 2013 op die ouderdom van 95 oorlede. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in Afrika-sake sê dit is tragies dat die ideale waarvoor Madiba so hard baklei het, nou in gedrang is.