KZN-polisie fnuik plaasaanval

Die polisie in KwaZulu-Natal het oor die naweek ‘n beplande plaasaanval in Vryheid gefnuik. Die woordvoerder van die polisie, Robert Netshiunda, sê lede van die anti-veediefstalspan het op ‘n wenk oor ‘n voertuig met twee insittendes reageer. Hulle was na bewering op pad om ‘n plaas te beroof. Hy sê die verdagtes sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn: