Strep-A in Brittanje: Kindersterftes seldsaam maar ernstig

Sewe kinders is in die Verenigde Koninkryk dood as gevolg van sogenaamde Strep-A-infeksies. Die bakteriële infeksie wat deur Streptococcus veroorsaak is kom op die oomblik voor in die land, veral onder kinders. Kenners meen die inperkings tydens Covid het blootstelling aan die bakterieë onder kinders beperk en daarom die ernstige gevalle. ‘n Britse professor in pediatrie Adam Finn sê terwyl die sterftes seldsaam is, is dit wel ernstig.