Sokkergees staan sterk in Brittanje

Die Britte was nog altyd mal oor sokker maar jy moet weet as die opposisieleier oor die Britse span se vertoning met die media gesels dan het sokkergees oorgeneem, veral met die uitdagings wat daardie land in die gesig staar. Engeland het 3-0 teen Senegal gewen en Sir Keir Starmer, leier van die Arbeidersparty sê hy hoop van harte die Wêreldbeker kom huis toe.