Erongo-polisie neem stappe na nog ‘n transito-roof

Die Namibiese polisie op Walvisbaai se ondersoek na die gewapende roof waar meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar gesteel is, vorder goed. Inspekteur Ileni Shapumba sê die stukkies van die legkaart kom bymekaar. Hy sê verder daar sal môre met maatskappye wat kontant vervoer vergader. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.