Opul, China & prysperk stoot olie op

Oliepryse het vanoggend effe gestyg nadat Opul en sy vennote produksieteikens bestendig gehou het voor ‘n verbod en prysperk op Russiese olie deur die Europese Unie in werking tree. Intussen het sommige Chinese stede ook Covid-inperkings gelig. Die kommoditeit verhandel tans net onder 86 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul het Sondag ooreengekom om produksie met 2 miljoen vate daagliks te sny tot 2023. Kenners meen die stap was verwag as gevolg van die prysperk van 60 Amerikaanse dollar per vat vir verskeepte Russiese olie wat vandag in werking tree.