Cyril het reg om verslag in die hof uit te daag

Cyril Ramaphosa se presidentskap is in gedrang nadat hy in die Phala Phala-skandaal vasgevang is. Suid-Afrikaanse opposisiepartye eis nie net dat Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging geplaas word nie, hulle wil ‘n mosie van wantroue teen hom instel. Dit volg na die Artikel 89-paneel se verslag bevind het Ramaphosa het dalk ‘n saak om te beantwoord oor die diefstal van duisende Amerikaanse dollars op sy Phala Phala-wildplaas in Limpopo in 2020. Ramaphosa veg terug en gaan die verslag in die hof uitdaag, want hy beskou dit as gebrekkig. Ramaphosa het vlugtig Sondag gesig gewys by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Johannesburg, wat vandag uitsluitsel oor die verslag sal gee. Suid-Afrikaanse politieke analis dr. Charles Sinkala sê aan Kosmos 94.1 dit is Ramaphosa se reg om die prima facie-verslag in die hof uit te daag.

Hy sê watter impak die skandaal op Suid-Afrika se internasionale beeld het.