Werklose jeug kry geleenthede in Vrystaat

Die Vrystaatse premier Sisi Ntombela neem vanoggend tienuur die ondertekening-seremonie waar van opleidingskontrakte vir 100 werklose jeugdiges van dorpe in die Tokologo plaaslike munisipaliteit. Die digitale leerprogram wat befonds word deur die SETA-sektor vir onderwys, opleiding en ontwikkeling sal ses maande duur. Die premier se woordvoerder, Palesa Chubisi, sê die begunstigdes sal ‘n maandelikse toelaag, skootrekenaars, Wi-Fi en data ontvang om hulle leerervaring glad te laat verloop: