Vyf vroue lê nuwe klagtes teen Bill Cosby

Die akteur en komediant, Bill Cosby, staar nuwe beskuldigings deur vyf vroue in die gesig, van seksuele aanranding en mishandeling onder New York se nuwe Wet op Volwasse Oorlewendes. Die regsgeding van 34 bladsye word aanhangig gemaak deur die aktrises Lili Bernard, Eden Tirl, Jewel Gittens, Jennifer Thompson en Cindra Ladd. Hulle beskuldig Cosby van aanranding, mishandeling, emosionele skade en wederegtelike aanhouding. Die wet wat verlede maand aanvaar is, gee volwasse oorlewendes van seksuele misbruik ‘n tydperk van een jaar om hul aanvallers te dagvaar, selfs al het die wettige vensterperiode vir hul eise verstryk.