Tjongarero vol lof vir Krieket Namibië

Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero het Krieket Namibië geloof vir sy vooruitstrewende aanslag om krieket in die land te bevorder en weereens gasheer te wees vir die Castle Lite Reeks wat môre afsluit. Die driehoekige reeks is tussen die Richelieu Eagles, Nepal en Skotland gehou. Tjongarero sê Namibiese krieket het die wêreld se aandag getrek.