BBP-groei: Saftu sê daar’s niks om te vier nie

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê daar is niks om te vier wat die geringe groei in die bruto binnelandse produk vir die derde kwartaal vanjaar betref nie. Die ekonomie het met 1,6 persent gegroei wat neerkom op ‘n jaar-tot-jaar toename van 4,1 persent. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie is op sy gewone op-en-af-trajek wat deur die voortdurende wisseling tussen toe-en afnames bepaal word: