Polisie-vergadering op Brakwater vir misdaadbekamping die feestyd

Die Namibiese polisie en die Windhoekse Stadspolisie hou op Saterdag 10 Desember ‘n gemeenskapsvergadering by Brakwater vir die Windhoek landelike kiesafdeling ten einde vennootskap te versterk en samewerking tussen die polisie en die gemeenskap in misdaadvoorkomingspogings te versterk. Die gebied het groot uitdagings met misdaad omdat dit aan die buitewyke van die hoofstad is en bebos is. Sersant Ngobizwe Shipanga van die kommunikasie-afdeling van die Stadspolisie nooi die inwoners van die groter Brakwater-gebied uit om die vergadering by te woon en veiligheid gedurende die feestyd te verseker.