Cyril sê dit gaan oor wetenskap

President Cyril Ramaphosa sê dis vandag meer as ooit nodig dat wetenskap ingespan word om die mensdom te help teen siektes, klimaatsverandering en voedselonsekerheid. Hy het by die opening van die eerste Wêreld-wetenskapsforum op Afrika-grond by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gepraat. Die president het die forum uitgedaag om vyf belangrike vrae noukeurig te oorweeg. Dit sluit in die rol wat die wetenskap behoort te speel om menswaardigheid te beskerm en te bevorder, en om armoede, werkloosheid en ongelykheid te beveg: