Bewerings dat Vrystaatse amptenare MIV-medisyne steel

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid ontken bewerings dat sy klinieke onvoldoende voorraad het. Volgens inwoners het klinieke reeds ʼn tyd lank nie antiretrovirale medisyne nie. Die departement het gereageer dat hy slegs genoeg voorraad vir twee weke kry. Die hoofsekretaris van die Treatment Action Campaign, Anele Yalwa, vermoed sommige amptenare van die departement steel antiretrovirale medisyne: