Swartbesigheid reageer op verbetering in SA se BBP

Die Black Business Council in die buurland het die verhoging in die bruto binnelandse produk verwelkom en sê dit beklemtoon groei en herstel in Suid-Afrika. Volgens Statistiek SA het die BBP met 1,6 persent gestyg. Die jongste lesing word toegeskryf aan beter prestasie in ekonomiese bedrywighede. Dit sluit onder meer die landbou-, vervaardigings- en vervoerdienste-sektore in. Die raad se uitvoerende hoof, Kganki Matabane, sê gegewe die land se groot uitdagings, is die toename ‘n positiewe teken: