Mosambiekse burger in SA hof oor ontvoerings

‘n Mosambiekse burger sal vandag in die Randburgse landdroshof in Johannesburg verskyn in verband met ontvoerings in sy geboorteland. Die 50-jarige man is in hegtenis geneem ná ‘n uitlewerings-versoek deur die Mosambiekse regering. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ‘n span, insluitend lede van die spesiale taakmag, misdaadintelligensie en georganiseerde misdaad, het op die 50-jarige Esmael Malude Ramos Nangy in Centurion , Tshwane, toegeslaan.