Motorsport: Vandag is ‘n rusdag by Dakar

Motorsport: Vandag is ‘n welverdiende rusdag vir die veldrenjaers by die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. In die agtste sneltrajek was Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel tweede, maar hulle is steeds algeheel in die eerste plek. Henk Lategan en Brett Cummings was tweede. Henk sê dit was ‘n rustiger dag.

Giniel de Villiers en sy navigator Dennis Murphy is weer geteister met twee pap bande. Dit het veroorsaak dat hy sy vierde algehele posisie aan Sebastien Loeb moes afstaan. Giniel sê in die T1-plus-klas mag deelnemers net twee spaarbande saam met hulle ry.