Amupanda vra waarom geld laat aan skole vrygestel word

In ‘n onlangse twiet van aktivis dr. Job Amupanda vra hy  hoekom kan onderwysminister Anna Nghipondoka en minister van finansies Ipumbu Shiimi nie geld op 5 Januarie aan skole vrystel nie? Hy vra of die hele land, nagenoeg 3 miljoen Namibiërs, dit as normaal aanvaar dat dit goed is dat die minister van finansies en onderwys jaarliks laat is? Kosmos 94.1 Nuus het met AR-aktivis, George Kambala, gepraat vir ‘n meer in-diepte verduideliking van wat Amupanda in sy twiet bedoel het…