Amerikaanse spioen vrygelaat uit tronk

 ‘n Voormalige Amerikaanse verdedigings-intelligensie-spesialis wat uit die gevangenis vrygelaat is nadat sy ‘n vonnis uitgedien het vir spioenasie vir Kuba, word allerweë bestempel as ‘n baie dodelike dubbelagent. Ana Montes is tien dae ná die aanvalle op 11 September in 2001 aangekeer, terwyl sy toegang gehad het tot Amerika se vergeldingsplanne teen Afghanistan en die Taliban. Sy is die daaropvolgende jaar tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Die senator vir Florida, Marco Rubio, sê Montes het haar land verraai om Kuba se kommunistiese regime te steun. Hy sê hoewel sy vrygelaat is, behoort Amerikaners altyd te onthou wát sy gedoen het.