Onwettige mynwerkers dood in Limpopo

Die polisie in Limpopo het met ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat agt vermeende onwettige mynwerkers wat by Ga-Maroga chroom gedelf het, dood is nadat hulle blykbaar van Vrydag af ondergronds vasgekeer was. Polisiewoordvoerder Motlafela Mojapelo sê hulle is uitgeroep en het gevind dat inwoners reeds begin het om die liggame te herwin.