Brand woed by Wolseley in Wes-Kaap

Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap ontplooi brandbestryders om ‘n brand in die Boontjiesrivier-gebied naby Wolseley te blus. Die brand is omstreeks middernag aangemeld en brand tans hoog in die berg. Die woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê grondspanne van die munisipaliteit en CapeNature sal saam met lugsteun na die gebied gestuur word.