Vulstasie-werkers by Total Riverside in Eros ontevrede

Meer as 30 werknemers by die Total Riverside-vulstasie in die Eros-woonbuurt in Windhoek het vanoggend vir ‘n wyle gestaak. Die werknemers is ontevrede en sê die eienaar betaal nie hul salarisse betyds nie. Die groep het eers glo vanoggend hul Desember-salarisse ontvang, nadat die NEFF-aktivis Michael Amushelelo ingegryp het deur die werkers se kommer op sy sosiale media-platforms te deel. Die werkers beweer verder onbillike arbeidspraktyke.