Boere in VSA mag nou self John Deere-trekkers regmaak

Die trekkervervaardiger John Deere wat aan baie Namibiese boere bekend is, het toegegee aan Amerikaanse boere se versoek om self herstelwerk aan hul implemente te mag doen. Een van die wêreld se grootste vervaardigers van landbou-masjinerie het boere voorheen nie toegelaat om goedkoper onafhanklike onderdele te gebruik nie. Deere and Company en die Amerikaanse landbou-organisasie FBF het ‘n ooreenkoms in dié verband onderteken. Boere sal daarvolgens  hul eie toerusting mag herstel, terwyl die vervaardiger se intellektuele eiendomsregte steeds beskerm word.