Krieket: Protea-kaptein is tevrede

Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Dean Elgar, is tevrede met die manier waarop sy span die toer na Australië afgesluit het. Suid-Afrika het Sondag ‘n onbesliste uitslag afgedwing in die derde en laaste toets in Sydney. Die Proteas moes opvolg ná ’n eerstebeurt-agterstand van 220 lopies. Sarel Erwee, Heinrich Klaasen en later Temba Bavuma het egter vasgebyt en die Proteas tot 106 vir twee geneem toe die tyd uitgeloop het. Elgar het sy span geloof vir sy veggees.