Nóg ‘n Namibiese kind verdrink in emmer water

Nóg ‘n Namibiese kind het in ‘n emmer water verdrink. By die Epalala-nedersetting naby Eenhana in die Ohangwena-streek het ‘n ouma haar kleinkind in die sorg van ‘n vyfjarige kind agtergelaat. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ouma buite toe gegaan om bokke weg te jaag. Die ouma het glo binne ‘n paar minute teruggekom nadat die vyf-jarige kind haar om hulp geroep het. Sy het die meisietjie van een jaar en 10 maande oud dood in die emmer vol water gevind. Verlede week het ‘n kind op Outjo ook in ‘n emmer water verdrink.