Cosatu vra beskerming vir verklikkers

Die vakbondfederasie Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Polisiediens om verklikkers te beskerm ná die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, uit die tronk ontsnap het. Die organisasie het by kritici aangesluit wat die regering veroordeel oor Bester se ontsnapping uit G4S Security se Mangaung-gevangenis in Bloemfontein verlede jaar. Sy ontsnapping het onlangs opnuut aandag getrek nadat […]

Read More

VSA nooi vyf Afrikalande na Demokrasie-beraad

Die VSA het nog vyf Afrikalande na die tweede Demokrasie-beraad genooi. Dit sluit Tanzanië, die Ivoorkus, Gambië, Mauritanië en Mosambiek in. Dit volg nadat die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, met haar drie-nasies toer in Afrika begin het. Die Nasionale Veiligheidsraad se senior direkteur vir demokrasie en menseregte, Rob Berschinski, sê die beraad wil betrokke raak […]

Read More

Krieket: Proteas gereed vir Nederland

Krieket: Die Protea-groep is op vol-sterkte vir die belangrike komende tuis-eendagreeks teen Nederland. Die gashere sal regstreeks vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Indië kwalifiseer indien hulle albei wedstryde wen. Die snelboulers Kagiso Rabada en Anrich Nortjé keer terug nadat hulle ʼn blaaskans gegun is vir die eendag-reeks teen die Windies, terwyl kaptein Temba Bavuma eers […]

Read More

Suid-Afrika moet eie besluit oor Vladimir Putin se arres maak

Die African Transformation Movement sê dit is belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika ‘n soewereine staat is en toegelaat moet word om sy eie bepaling te doen oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese President Vladimir Putin. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die Suid-Afrikaanse howe moet bepaal of die lasbrief van die […]

Read More

Franse stakings: Daar is genoeg diesel in Namibië

Waarskuwingsligte flikker reeds op Europese dieselmarkte. Daar is ‘n laer aanbod na drie weke van ontwrigting by Franse raffinaderye weens stakings in daardie land. Talle aanlegte het uiters lae uitset, indien enige. Daar kan ‘n moontlike styging in die prys wees maar, volgens Namcor, is daar genoeg voorraad in die brandstof-bergingsfasiliteit by Namport, en nog […]

Read More

Keer so vir toenemende misdaad

Namibië ervaar toenemende gevalle van misdaad, veral geweldsmisdade soos geslagsgeweld tesame met verkragting, moord en poging tot moord, aanranding, sowel as ekonomiese misdade. As gevolg van die ekonomiese druk word burgers die slagoffers van misdadigers. Tussen 2021 en 2022 is ‘n totaal van 98 640 kriminele sake landwyd aangemeld, wat ‘n toename van sewe persent […]

Read More

Net 139 uit 500 SA-howe kan tydens beurtkrag funksioneer

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê slegs 139 van die land se meer as 500 howe kan tydens beurtkrag voortgaan met werk. In die Vrystaat funksioneer slegs agt van sy 87 howe tydens beurtkrag, en in KwaZulu-Natal slegs 19 uit 102 howe. In reaksie op ‘n geskrewe parlementêre vraag van […]

Read More

Klimaatsverandering dwing Zim-boere in heuwels op

Die Zimbabwiese ministerie van landbou sê boere trek na berge en heuwels om weg te kom van die gevolge van klimaatsverandering, insluitend droogtes en vloede. Volgens die ministerie het ongeveer 1 200 boere die afgelope dekade berg-op begin boer aangesien daar beter gehalte grond op die heuwels is. Jare se verrottende organiese materiaal het hierdie […]

Read More

GRN moet ook kleiner projekte ondersteun vir konstruksiebedryf

Die Namibiese konstruksiesektor wil maar net nie ten volle herstel ná die Covid-pandemie en moeilike ekonomiese omstandighede nie. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het na die Konstruksiebedryf-federasie uitgereik oor wat gedoen moet word […]

Read More

Vleisraad sê oor 17% daling in SA se vraag na Namibiese speenkalwers

Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Vleisraad, Paul Strydom het gereageer op die nuus dat op ’n jaargrondslag, het die uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika met amper 17 persent gedaal as gevolg van swakker vraag in die buurland. ‘n Groot deel van die landbousektor maak staat op die mark, veral die kommunale boere in […]

Read More