GRN moet ook kleiner projekte ondersteun vir konstruksiebedryf

Die Namibiese konstruksiesektor wil maar net nie ten volle herstel ná die Covid-pandemie en moeilike ekonomiese omstandighede nie. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het na die Konstruksiebedryf-federasie uitgereik oor wat gedoen moet word om die konstruksiebedryf te laat herleef. Die hoof uitvoerende beampte van die federasie Bärbel Kirchner het gesê die regering moet op kleiner beleggingsprojekte fokus en nie net op groter projekte soos die groenwaterstofprojek en die oliebedryf nie.