Copps 94.1: Dwelmhandelaars besig

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. JP Nel was op grondvlak in die hoofstad.

Read More

Reho Meat Processors wil uitvoer-abattoir vestig

Dit is die voorneme van die eienaar van Reho Meat Processors om die abattoir by Rehoboth uiteindelik op te gradeer na ‘n A-klas uitvoer-abattoir, gemik op die Namibiese Wagyu-uitvoermark. Dit volg na die Vleisraad in November verlede jaar die aansoek om registrasie van die abattoir goedgekeur het. Intussen word gesertifiseerde Wagyu-beesvleis by Reho Meat Processors […]

Read More

Dr. Riaan Eksteen gee reaksie op Putin se arrestasiebevel

‘n Politieke kenner en oud-ambassadeur het sy reaksie gegee oor die Internasionale Strafhof wat vandag ‘n bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin uitgereik het. Die IKR het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy lasbrief gevra dat Putin in hegtenis […]

Read More

Outa maan oor verhoogde eiendomsbelasting

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n waarskuwing aan Suid-Afrikaanse eiendoms-eienaars gerig om hulle voor te berei vir ‘n moontlike onaangename verrassing met hul munisipale rekenings weens verhoogde eiendomsbelasting. Dit volg nadat duisende eiendomseienaars in Ekurhuleni, Gauteng, onkant betrap is deur eiendomsbelasting wat in sommige gevalle met tot 2 000 persent verhoog is. Julius Kleynhans van […]

Read More

Rugby: Bulle teen WP op Loftus

Rugby: Die tradisionele Noord/Suid-mededinging hervat vanaand wanneer die Bulle die Westelike Provinsie pak in die Curriebeker-kompetisie, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die tuisspan is onder druk ná die verdedigende kampioen, die Pumas hulle met 63-15 vermorsel het in verlede naweek se eerste ronde. Die besoekers het die Leeus omvattend geklop met 44-28. Sondag […]

Read More

Wes-Kaapse ouers kan gerus wees oor protes-aksie

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het vandag bevestig dat skole op Maandag 20 Maart gesluit sal wees aangesien dit ‘n skoolvakansiedag is. LUR David Maynier sê sy departement is bewus van kommer wat geopper is oor die moontlike impak van die beweerde nasionale stilstand wat vir Maandag deur die EFF beplan is. Hy sê ouers hoef dus […]

Read More

Namibiese eierprodusente in die knyp

Die jaarlikse inflasiekoers in Namibië het in Februarie tot 7,2 persent gestyg, die hoogste in ses maande, vanaf 7 persent in die vorige maand. Plaaslike eierprodusente voel die knyp van die styging in pryse. Rene Wentscher, ‘n plaaslike eierprodusent, sê as pryse aanhou styg, dit beslis ‘n impak op eierpryse sal hê. Die eierprodusente het […]

Read More

AfriForum kry hofbevel teen Gautengse premier

AfriForum het ʼn hofbevel in die hooggeregshof in Johannesburg bekom om die skikking wat met die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, bereik is, ʼn bevel van die hof te maak. In die skikking spreek Lesufi sy berou uit oor sy vals bewerings teen die burgerregte-organisasie en trek aantygings terug dat hulle hom probeer vermoor en […]

Read More

Internasionale Strafhof reik arrestasiebevel teen Putin uit

Die Internasionale Strafhof het vandag ‘n bevel van inhegtenisneming teen die Russiese President Vladimir Putin uitgereik en hom daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy eerste lasbrief gevra dat Putin in hegtenis geneem word weens die vermoede van die onwettige deportasie van kinders […]

Read More

Trevor Noah wen Nederlandse prys

Die Suid-Afrikaanse komediant en voormalige aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah, het die gesogte Nederlandse Erasmus-prys gewen. Noah is die eerste komediant wat met die eerbewys bekroon is sedert Charlie Chaplin in 1965. Die Praemium Erasmianum-stigting sê die 39-jarige het die prys ontvang vir sy bydrae tot die tema In Praise of Folly, vernoem […]

Read More