Franse stakings: Daar is genoeg diesel in Namibië

Waarskuwingsligte flikker reeds op Europese dieselmarkte. Daar is ‘n laer aanbod na drie weke van ontwrigting by Franse raffinaderye weens stakings in daardie land. Talle aanlegte het uiters lae uitset, indien enige. Daar kan ‘n moontlike styging in die prys wees maar, volgens Namcor, is daar genoeg voorraad in die brandstof-bergingsfasiliteit by Namport, en nog besendings is op pad. Paulo Coelho, woordvoerder by Namcor, sê die nuwe besendings kom in April.