Krieket: Proteas gereed vir Nederland

Krieket: Die Protea-groep is op vol-sterkte vir die belangrike komende tuis-eendagreeks teen Nederland. Die gashere sal regstreeks vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Indië kwalifiseer indien hulle albei wedstryde wen. Die snelboulers Kagiso Rabada en Anrich Nortjé keer terug nadat hulle ʼn blaaskans gegun is vir die eendag-reeks teen die Windies, terwyl kaptein Temba Bavuma eers ʼn fiksheidstoets moet ondergaan na ʼn lastigheid met ʼn agterknie-sening. Die eerste eendagwedstryd vind Vrydag in Benoni plaas en die tweede Sondag op die Wanderers.